Protea-oproer: 100 vas nadat polisie aangeval word

Deel op

protest2Meer as 100 mense is Woensdag in hegtenis geneem weens openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging in die Protea-gebied, sê die polisie in Soweto.

Ao. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, sê die mense is in hegtenis geneem tydens ‘n betoging oor dienslewering wat in die vroeë oggendure buite Randfontein begin het.

Impalaweg in die rigting van Krugersdorp en die N12 van Potchefstroom af is intussen weer oopgestel vir verkeer.

Makhubela sê chaos het uitgebreek toe honderde inwoners van die Waterworks-lokasie polisiebeamptes aangeval het.

Die inwoners wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Westonaria-landdroshof verskyn. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.