Dronk SA amptenaar by Chelsea-blommeskou afgedank

Deel op

chelsea‘n Senior Suid-Afrikaanse amptenaar het die trekpas gekry omdat hy glo dronk was by die Chelsea-blommeskou in Londen.

Tami Sokutu, raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi), is afgedank, sê Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake.

Volgens Molewa se kantoor het sy eers onlangs van die voorval in Mei vanjaar uitgevind.

“Nadat die bewerings met mnr. Tami Sokutu, voorsitter van die raad, bespreek is, het die minister en mnr. Sokutu ooreengekom dat hy van sy pligte as voorsitter van die raad onthef moet word.”

Molewa het ook in ag geneem dat Sokuto onlangs met sabbatsverlof was, wat “moontlik daartoe gelei het dat hy nie sy pligte doeltreffend kon vervul nie”.

Die minister het Sokuto bedank vir sy leierskap die afgelope ses jaar.

Nana Magomola sal waarneem totdat ‘n nuwe voorsitter aangestel is. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.