Pa sterf in kamer, gesinslede in hof

Deel op
Atteridgeville
Atteridgeville

Twee swart susters en ‘n broer het Dinsdag op aanklagte van moord, ontvoering en regsverydeling in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

Samuel, Regina en Lillian Malatji het na bewering hul pa, Benedict Malatji (80), en hul kleinneefs, Kentridge Malatji en Thabo Malatji, twee jaar lank in ‘n kamer toegesluit, sê kapt. Bonginkosi Msimango.

Die drie is Maandagaand in hegtenis geneem.

“Kentridge kon daarin slaag om te ontsnap en het die saak by die polisie aangemeld, waarna polisiebeamptes hom na die huis begelei het,”  sê Msimango.

Die polisiebeamptes het op Benedict Malatji se ontbinde lyk afgekom.

“Die jonger seun, Thabo, is by sy oupa gevind. Hy is na ‘n hospitaal geneem vir traumabehandeling,” sê Msimango.

Die twee susters het gebid toe polisiebeamptes op hulle afgekom het en hul broer het onder ‘n bed weggekruip.

Die drie word voorlopig aangehou tot 16 September wanneer hulle in die hof sal verskyn in ‘n borgtogaansoek. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.