Meeste staatsdepartemente voldoen nie aan diensleweringsvereistes nie

Deel op
Collins Chabane
Collins Chabane

Sowat 80% van regeringsdepartemente voldoen nie aan die vereistes vir dienslewering nie, toon ‘n verslag wat Woensdag deur Collins Chabane, minister in die presidensie, uitgereik is.

“Dis ‘n teenstrydigheid, aangesien die verbetering van dienslewering ‘n prioriteit van die regering is,” het die Management Performance Assessment Tool (MPAT) bevind.

Die verslag, wat oor die 2012/13-boekjaar die stand van bestuurspraktyke in die staatsdiens meet, sluit die assessering van al 156 nasionale en provinsiale departemente in.

Die bevindings is bestempel as “geloofwaardig” en dat dit ‘n taamlik “akkurate prentjie skets van die stand van bestuurspraktyke in alle departemente”.

Chabane, wat verantwoordelik is vir prestasiemonitering en evaluering, het in die parlement aan joernaliste gesê die departemente se bestuurspraktyke is gemeet aan 29 “generiese bestuurstandaarde”.

Die departemente wat die beste gevaar het, is wetenskap en tegnologie, handel en nywerheid, omgewingsake, die nasionale tesourie en die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS).

Die drie departemente wat die swakste gevaar het, was waterwese, openbare werke en heel onder aan die lys, die departement van vroue, kinders en mense met gestremdhede. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.