Snowden vir die Sakharov-prys vir vryheid van spraak benoem

Deel op

snowden2Edward Snowden, die fluitjieblaser wat die VSA se omvattende spioenasieprogram blootgelê het, is Woensdag benoem vir die parlement van die Europese Unie se jaarlikse Sakharov-prys vir vryheid van spraak.

Die 30-jarige Snowden het aansoek gedoen om asiel in Rusland nadat hy weke in die transitodeel van Moskou se lughawe moes deurbring waar hy uit Hong Kong aangeland het na sy plofbare onthullings wêreldnuus geraak het.

Die wenner van die prys word in Oktober aangewys.

Oudpres. Nelson Mandela en dr. Kofi Anan, voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, is vorige wenners. – AP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.