
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die families van plaasmoord-slagoffers wil ‘n petisie aan die Verenigde Nasies oorhandig om die minister van polisie te dwing om op te tree.
“AfriForum het vandag [Woensdag] ‘n petisie begin vir die prioritisering van plaasmoorde,” sê Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum, in ‘n verklaring.
“Die petisie sal in November vanjaar aan die VN se forum vir minderheidskwessies voorgelê word.”
Roets sê die petisie sal op 1 November sluit, waarna die finale voorbereiding vir AfriForum se deelname aan die forum sal begin. – Sapa