Obama probeer Kongres oorreed om Sirië te bombardeer

Deel op

knikbamaAmerika se president Barack Obama het die Amerikaanse Kongres gevra om die stemmery vir goedkeuring om militêre aanvalle op Sirië te loods, uit te stel.

Obama sal nie die nodige steun vir sy aanvalsplan in die Kongres kry nie. Sen. John McCain (R-Ariz.) en Sen. Lindsey Graham (R-S.C.) het naarstiglik probeer om die aanval te regverdig.

Die Guardian het vroeër onthul dat McCain omkoopgeld van superryk bankiers, die Rothschilds aanvaar het.

Die Amerikaanse president het gesê die uitstel “sal aan Rusland kans te gee om Damaskus te oorreed om sy chemiese wapens te oorhandig”. Damaskus het reeds ingestem.

Die voorsitter van die Senaatskomitee vir gewapende optrede – Carl Levin – sê Obama wil Sirië en Rusland daarop wys dat hy ernstig is oor die chemiese wapenkwessie.

Die Senaat het Dinsdagaand met debatvoering begin ter ondersteuning van Obama se aanvalsplan. Die Senatore wat die aanval steun kry meer as 80% van hul skenkings van militêre kontrakteurs.

Obama het intussen weereens argumente probeer vind om optrede teen die Siriese regering te regverdig.

Hy het in ‘n toespraak wat regstreeks op Amerikaanse televisie gelewer is, benadruk dat die Siriese regering ongetwyfeld vir die chemiese aanval op Siriese burgers verantwoordelik is. Die VSA beweer dat die bewyse “logiese afgelei” kan word.

Amerika beskik oor geen vaste bewyse dat Sirië vir die gifgasaanval verantwoordelik is nie. Rusland het intussen gesê dat bewyse gevind is dat die beeldmateriaal wat die Withuis gebruik, vervals is.

Twee Europese joernaliste van twee afsonderlike gesaghebbende koerante, ‘n Belg Pierre Piccinin en Italianer Domenico Quirico, bevestig dat die Amerikaans-gesteunde rebelle vir die gifgasaanval verantwoordelik is.

Die Amerikaanse president het in sy toespraak, onder andere, gesê dat “ander tiranne” ook moontlik gifgasse sal aanwend indien die VSA niks omtrent Sirië doen nie. Amerika het ‘n aantal jare gelede die grootste gifgasaanval ooit in die Midde-Ooste teen duisende Koerdiese burgerlikes gesteun.

Hy sê ook dat al-Kaida bemoediging uit die wêreld se daadloosheid sal put. Dié opmerking het vir heelwat verbasing gesorg, aangesien die VSA al-Kaida in Sirië aktief oplei, bewapen en finansieel steun.

Obama se toespraak kom te midde van toenemende internasionale verdeeldheid oor en druk op die VSA om af te sien van die voorgestelde bombardement van Sirië. Frankryk het skielik hul ywerige steun teruggetrek.

‘n Vergadering deur die Verenigde Nasies Veiligheidsraad is ter elfder ure afgestel, nadat Rusland sy versoek om ‘n sessie onttrek het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.