SA, VK bespreek ontwikkelingshulp en visumvereistes

Deel op
Justine Greening
Justine Greening

Suid-Afrika en Brittanje het gesprek gevoer oor Britse visum-vereistes.

Die Britse minister van buitelandse sake – William Hague – sê hulle neem kennis van die vordering wat in Suid-Afrika gemaak word en wil hul samewerking vergroot as Suid-Afrika beter beheer toepas oor reisigers.

Britse visum-vereistes is in 2008 ingestel weens die groot aantal vervalsings wat in Suid-Afrika voorgekom het.

Die minister van internasionale betrekkinge – Maite Nkoana-Mashabane sê sy het goeie terugvoering gekry van immigrasie-amptenare.

Oor ontwikkelingshulp aan Suid-Afrika, het die Britse minister van internasionale ontwikkeling – Justine Greening – in Pretoria met die minister van finansies – Pravin Gordhan – vergader.

Brittanje het in April aangekondig dat direkte hulp aan Suid-Afrika teen 2015 sal eindig.

Die visumvereiste, sowel as Brittanje se onlangse aankondiging dat hulle direkte ontwikkelingshulp aan Suid-Afrika sal staak, was die twee belangrikste kwessies op die agenda van die 10de Bilaterale Forum tussen die twee lande in Kaapstad Dinsdag.

Suid-Afrikaners kon voorheen na die Verenigde Koninkryk sonder visums reis. Maar die Verenigde Koninkryk het ‘n visumvereiste vir Suid-Afrikaanse paspoorthouers in Maart 2009 ingestel. 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.