SAUK blaas R1.5 miljard

Deel op

generationsFinansiële wanbestuur by die SAUK saai verwoesting, met sy jongste jaarverslag wat toon dat versuim is om voldoende rekenskap te gee vir R1.5miljard wat bestee is aan konsultante.

Dié dienste kon ewe maklik deur sy eie personeel verskaf word.

Suid-Afrikaners sal voorts geskok wees om te verneem dat sowat R913 miljoen se TV-lisensiegelde wat SAUK-amptenare beweer ingesamel is, nie gerugsteun kan word met bewyse nie.

Tydens die tertafellegging van die openbare uitsaaier se jaarverslag, het die minister van kommunikasie, Yunus Carrim gesê die Ouditeur-generaal, Terence Nombembe, kon nie die uitsaaier finansiële resultate afteken nie weens ‘n gebrek aan “genoeg [en] toepaslike ouditbewyse“.

Die jongste oudit dui daarop dat die uitsaaier se skoon oudit in die 2011-2012 finansiële jaar iets van die verlede is.

Die lang lys van finansiële oortredinge ontbloot by die SAUK, sluit in:

Geen ondersteunende dokumente vir die aanstelling van konsultante en ander diensverskaffers teen ‘n koste van R1.5 miljard nie;
‘n Verdere R106 miljoen is spandeer sonder behoorlike tenderprosedures;
Belasting betaalbaar aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is onderskat met meer as R47 miljoen;
Geen voorsiening is gemaak vir enige finansiële verpligting wat die SAUK kan aangaan ten spyte daarvan dat hy ‘n verweerder in ‘n aantal van regsgedinge is.

Die onthullings beteken niks goeds vir die uitsaaier nie. Die uitvoerende bestuur is opdrag gegee om in 2009 sy finansiële beheer op te knap nadat ‘n R1.4miljardlening, gewaarborg deur die Nasionale Tesourie, aan hulle toegestaan is.

In die jaarverslag, het die SAUK se uitvoerende hoof Lulama Mokhobo erken dat die uitsaaier misluk het om die prestasieteikens van die regering se leningswaarborg te haal. Sy het gesê die korporasie is meer as R600 miljoen onder sy inkomsteteikens.

Dit is glo net sepies soos Generations, waaruit die SAUK geld verdien. Dit is aangewys as die sepie met die meeste kykers en word deur baie meer as 4,9 miljoen mense daagliks gesien. Steve Hofmeyer het vir die temamusiek gesorg.

Dit is ook die eerste TV-reeks in Suid-Afrika wat dmv vennootskappe met maatskappye hul produkte en dienste as deel van die verhaal adverteer. Dit word gedoen op ‘n wyse waar hierdie vennote in die verhaalteks ingesluit word.

Die drie Suid-Afrikaanse maatskappye is Pep Stores, Capitec Bank en Smart Gym

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.