Jeugliga sonder geld bied verskonings aan

Deel op

ancylDie ANC-jeugliga het Dinsdag om verskoning gevra aan almal wat hy in die verlede verontreg en beledig het.

“Dit is belangrik dat ons op die spesiale geleentheid ’n openbare verskoning rig aan almal wat deur die organisasie verontreg en beledig is,” het Mzwandile Masina, tussentydse president en sameroeper van die liga se nasionale taakspan (NTT), gesê.

Masina het ’n toespraak gelewer op die 69ste herdenking van die jeugliga in Johannesburg.

“Die ANC bevind homself in die hof as gevolg van ons optrede. Onlangs het ons ’n saak verloor teen ’n joernalis van The Star, wat deur ons organisasie ’n dronkaard genoem is.”

Hy het gesê die jeugliga het nie geld om die joernalis te betaal nie, maar kan slegs ’n “opregte verskoning” aanbied.

Masina het ’n beroep op lede gedoen om nie “roekelose stellings” namens die jeugliga te maak nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.