Moord: Ethiopiër in spazawinkel doodgebrand

Deel op

arson2‘n Dertigjarige Ethiopiër van Pietermaritzburg het in sy spazawinkel doodgebrand.

Die polisie in KwaZulu-Natal het ‘n saak van moord en opsetlike brandstigting geopen ná die dood van die buitelander.

Die man het glo wag gehou by sy winkel om sy voorraad te beskerm, toe die winkel aan die brand gesteek is. Hy is tussen die vlamme en sy diefwering vasgekeer en het doodgebrand.

Die polisiewoordvoerder in die provinsie, Thulani Zwane sê ‘n leë plastiekhouer, met brandstof daarin, is buite die voordeur van die winkel gevind.

Niemand is nog ivm die voorval in hegtenis geneem nie.

Die Kwazulu-Natalse provinsiale regering het ‘n Raad teen Misdaad aangestel in ‘n poging om die stryd teen misdaad in die provinsie te versterk, en verskeie projekte in die provinsie te koördineer, het RSG berig.

Regeringsamptenare, tradisionele leiers, sakelui, georganiseerde arbeid en gemeenskapsorganisasies het in Durban byeengekom vir die bekendstelling van die Raad.

Die Raad sal strategiese advies en leiding verskaf om die doeltreffendheid van die stryd teen misdaad te verhoog.

Die Raad sal ook die vordering monitor en die proses hersien.

Die LUR vir Veiligheid en Sekerheid Willie Mchunu en die provinsiale polisiekommissaris Mammunye Ngobeni het die bekendstelling bygewoon. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.