Helen en Joe hou kajuitraad oor die bevryding

Deel op

skoppensboer

deur Skoppensboer

Die toneel is ‘n suite in ‘n vyfsterhotel in Johannesburg. Satan het so pas vir Joe Slovo (gebore Yossel Mashel Slovo, in Obeliai, Litaue) pas gegee om vir ‘n paar dae weer die ondermaanse te kom bewandel waar hy sy handewerk kan gadeslaan.

Helen Zille (gebore Helene Otta Zille in Hillbrow, Johannesburg) strek haarself uit om Slovo te omhels.

Helen: “Joe, Joe, hoe wonderlik om jou weer te sien! Hoe gaan dit daar bo met jou?”

Joe: “Baie goed. Al my beste vriende is hier, al die ou bomplanters uit Rivonia se dae. En ou Bram Fischer, hy is die enigste Boertjie hier, ons spot hom daaroor.”

Helen: “Dit klink wonderlik! Wel, ons gee die Boere sommer hel hier in die nuwe Suid-Afrika. Het jy die DA se nuwe manifes gesien? Grondhervorming is heel bo! En swart ekonomiese bedrog. Ons gaan die skroewe nou aandraai.”

Joe: “Ek het so skrams iets gesien, ja. Die revolusie loop klopdisselboom en jy verrig wondere. Ons het sommer nou twee sosialistiese partye in die land, ons en julle!”

Helen: “Presies, Joe! Vryheid lê net om die draai.”

Joe: “Ek kan nie wag nie. (Sy oë raak mistig agter sy dik brilglase.) Die dag as die laaste Afrikanerboer van sy plaas af is, sal ek voel my taak is volbring.”

Helen: “Dis wat ek ook sê, Joe. Ons sal hulle sommer gou-gou verjaag en ons kolgosse oral in die land oprig: in Noordwes, die Vrystaat, Limpopo, oral. Die werkers sal regeer!”

Joe (grinnik): “Vertel my nou: is die Afrikaners nog so dom?”

Helen: “O ja, geen bekommernis daar nie. So dom soos altyd. Dié dat hulle as die ‘dumb Dutchmen” bekendstaan. Hulle is net so… onnosel en naïef. Goedgelowig. Mens kry hulle amper jammer.”

Joe (onthuts): “Jammer? Jy moet hulle nie jammer kry nie. Hulle is die klassevyand! Die fascistiese kleinburgery!”

Helen (paaiend, verskonend): “Nee, nee, Joe. Ek grap net. Natuurlik kry ek hulle nie jammer nie. Ek lees elke dag met genoegdoening hoe ons kaders hulle daar op die plase uitmoor. Of sommer in hul voorstedelike huisies. Die revolusie is asemrowend, bloedig, jy is ‘n genie dat jy dit vir ons gebring het.”

Joe (verleë): “Nee wat, Helen, iemand moes dit doen. Die teenstrydighede het revolusie onafwendbaar gemaak. Ek was maar net die instrument wat die triomf van die proletariaat verseker het.”

Helen: “Ons triomf is naby, Joe. Dit sal groter as ooit wees. Hulle sal finaal vernietig word, die klassevyand.”

Joe: “Sê my, Helen, is dit waar dat al die Afrikaners vir jou stem? Dis nou jammer ek het dit nooit probeer nie. Hulle sou seker vir my ook gestem het, as ek hulle net gevra het. Hulle kan mos nie ‘nee’ sê nie, haha.”

Helen (laggend): “O ja, Joe, hulle is uiters getrou. Getrou soos honde. Niks ter wêreld sal hulle daarvan weerhou om vir my te stem nie. Maar ons het mos Naspers ook aan ons kant, die grootste mediagroep in die land. Die arme stommerike aanvaar alles wat Naspers vir hulle vertel.”

Joe: “Maar wat nou van die internet? Ek hoor daar is van dié Afrikanergroepe wat los en vas allerlei dingetjies op webblaaie skryf? Hoe gaan ons dit keer? Ons wil nie hulle moet nou op die vooraand van die slotbedryf van die revolusie hergroepeer nie?”

Helen (verbaas): “Maar Joe, is jy dan nie op hoogte nie? Kameraad Jeff Radebe het reeds die wetgewing gereed. Dis mos nou die dag aangekondig: haatspraak gaan ‘n kriminele oortreding raak! Dus as enigeen op ‘n webwerf iets teen my of jou of die revolusie sê, gaan hy van haatspraak aangekla word en in die tronk beland.”

Joe (verlig): “Haatspraak! Watter wonderlike idee! Ek moet sê, ek is siek en sat daarvoor dat hulle my ‘n terroris noem, net omdat ons daardie Kerkstraatbommetjie laat afgaan het. Dit sal die swernote ‘n les leer. Haatspraak! Moet sê: ek hou daarvan!”

Helen (vertederend): “Jy sien, Joe, ons hou jou erfenis lewendig. Ons sit die stryd voort en binnekort is al die plase, al die myne, die banke, ons s’n! Die revolusie snel voort, onstuitbaar! Viva SACP! Viva!”

Terwyl hulle oor die boomryke voorstad van Johannesburg uitkyk, slaan Helen en Joe ‘n veglustige soort proletkult-houding in, met vuiste in die lug, terwyl hulle luid om die beurt “Amandla!” en “Viva SACP!” skree…

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.