DA sweep swartes op oor grond

Deel op
Zille in haar kombuisbediende-mondering, sweep swart gemoedere op oor grond
Zille in haar kombuisbediende-mondering, sweep swart gemoedere op

“Die Demokratiese Alliansie (DA) se Mmusi Maimane se stelling dat die DA grondhervorming ondersteun want “..die euwels van die apartheidstelsel het die beste grond slegs vir wittes gereserveer” dui op opportunisme en dat wittes geteiken word as sondebokke.

Die DA speel nou net soos die ANC die rassekaart oor grond,” sê mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming.

“Eerstens is dit onverantwoordelik om emosies rondom grondhervorming op te jaag op die basis van ras.

Tweedens is van die beste landbougrond in Suid-Afrika in die destydse Transkei en Bophuthatswana geleë.

Selfs die grondoudit deur die landmeter-generaal wat onlangs deur die kabinet aanvaar is, kon nie verklaar hoeveel grond behoort aan wittes of swartes nie.

Die DA probeer nou die ANC oorbie om emosies oor grond op te jaag om stemme te werf vir die 2014-verkiesing. Dit skep polarisasie tussen swart en wit en die Vryheidsfront Plus veroordeel dit,” het Groenewald gesê.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.