SA gaan Kuba se hulp inroep om waterkrisis op te los

Deel op

watersaSuid-Afrika gaan Kuba se hulp inroep – ‘n land met sy eie stedelike water probleme – vir ingenieurs en geo-hidroloë om te help met ons dreigende waterinfrastruktuurkrisis.

Die minister van waterwese, Edna Molewa het Maandagaand ‘n ooreenkoms onderteken met haar Kubaanse eweknie, Ines Maria Chapman Waugh, by die OR Tambo Internasionale Lughawe, wat bedoel is om die weg vir die werwing van 34 Kubaanse ingenieurs op tweejaarkontrakte van vroeg volgende jaar af, voor te berei .

Dit is deel van ‘n wye werwingsveldtog deur die departement om geskoolde lui te vind om Suid-Afrika se water probleme op te los.

“Ons het reeds die eerste groep van ses ingenieurs en hulle sal vroeg volgende jaar aankom, ” het die departement se woordvoerder, Themba Khumalo gesê.

“Ons is besig met die werwing van die tweede groep van 13 ingenieurs en [die werwing van] ‘n derde groep van 15 ,” het hy gesê.

Hy het gesê die ooreenkoms is een van die vele wat onderteken moet word met ‘n aantal lande in ‘n poging om die waterkrisis op te los.

Dr Anthony Turton, ‘n onafhanklike wetenskaplike wat spesialiseer in waterdienste, het gesê om Kubaanse ingenieurs in te voer is “oningeligte, dwase en ‘n swakdeurdagte plan”.

“Jy sê vir die Suid-Afrikaanse ingenieur dat jy nie nuttig in ons samelewing is nie,” het hy gesê.

Turton het gesê Suid-Afrika het genoeg geskoolde lui om die waterkrisis op te los, maar wit ingenieurs word uitgestoot” uit die openbare sektor en werk as private kontrakteurs, wat hul vaardighede vir “vier of vyf keer soveel” aan die staat verkoop as wat dit sou gekos het om hulle in diens te neem.

“Transformasie beteken […] die onderpresteerders hou hul posisies in die burokrasie, ” het Turton gesê.

Daar is nie ‘n noemenswaardige swart professionele lui wat deurkom nie. Hulle word ook dadelik opgeraap deur private maatskappye as konsultante.

Suid-Afrika verloor 36,8 % van sy water op die oomblik deur slegte infrastruktuurbestuur, hoofsaaklik die gevolg van ‘n groot tekort aan geskoolde professionele lui. Die vermorsing van kos die land meer as R11 miljard per jaar .

Die departement se Nasionale Waterhulpbronstrategie toon dat Suid-Afrika ongeveer 3000 ingenieurs benodig en sowat 7200 omgewingsgesondheidpraktisyns in die medium termyn.

Kuba het massiewe waterprobleme. Volgens die Kanadese Internasionale Ontwikkelingsnavorsingsentrum, het sy water en sanitasiedienste so agteruitgegaan dat dit tot ‘n groot styging in wateroordraagbare siektes gelei het. .

Khumalo het gesê die Kubane het ‘n belangrike rol om te speel, want Suid-Afrikaanse ingenieurs en hidroloë nie werk in landelike gebiede nie.

Hy het gesê die Kubaanse ingenieurs sal ontplooi word in landelike en agtergeblewe gebiede. – timeslive.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.