Konsepbeleid kyk na farmaseutiese patente

Deel op

patenteDie regering het ‘n konsepbeleid oor intellektuele eiendom gepubliseer wat verreikende gevolge vir farmaseutiese patente kan hê.

Belangegroepe het die stap geloof as ‘n tree nader aan laer medisynekoste.

Indien dit aanvaar word, sal die hervormings die produksie van goedkoper generiese medisyne vergemaklik.

Die groepe Dokters Sonder Grense en die Treatment Action Campaign sê die beleid skep die forum vir veranderings wat beloof om die medediging in die farmaseutiese sektor te verbeter .

Volgens die huidige wetgewing het maatskappye toestemming om patente vir ‘n onbepaalde tyd te hernu.

Dit stel maatskappye in staat om die lewe van hulle monopolieë te verleng, die mededinging van generiese vervaardigers te stuit en hoë pryse te hef vir medisyne in sowel die openbare as die privaatsektor. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.