Petroljoggiestaking: Intimidasie aangemeld

Deel op

pompe‘n Voorval van intimidasie is by ‘n vulstasie in Pietermaritzburg aangemeld nadat ‘n staking van petroljoggies landwyd begin het.

Die eienaar van ‘n vulstasie wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê ‘n groep van vier mans in Numsa T-hemde het by die vulstasie opgedaag en sy personeel wat vir werk opgedaag het, met geweld gedreig.

Die personeel moes die perseel noodgedwonge verlaat. Numsa in die provinsie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Petroljoggies is onder die vakbondlede wat begin staak het. Dit sluit ook werknemers van onderdele-kleinhandelaars en paneelkloppers in. Optogte is Maandag in Gauteng en in die Wes-Kaap gehou.

Sekere vulstasies in en om Johannesburg is steeds operasioneel met die minimum aantal personeellede, terwyl ander heeltemal tot stilstand gekom het.

Vulstasie-eienaars in die noorde van Johannesburg het self ingespring om klante te bedien en ook van nie-vakbondlede gebruik gemaak.

Die hoofsekretaris van Numsa, Irvin Jim het die stakende lede beveel om tuis te bly en hul vrye tyd te geniet.

Hy het ook diegene wat nie aan die staking wil deelneem nie, as rotte uitgekryt en gesê die momentum van die arbeidsoptrede moet nie verlore gaan nie.

Numsa se griefskrif is gister aan die motorbedryf en die Petroleum Kleinhandelaarsvereniging oorhandig.

Die Suid-Afrikaanse Petroleum Kleinhandelaarsvereniging sê die egter salariseise van Numsa-lede is nie volhoubaar nie. Die werkers eis ‘n verhoging van R30 per uur.

Die voorsitter van die vereniging, Gerrie Lewis sê die eis beteken ‘n verhoging van meer as 100 persent. In die stadium is dit onduidelik wanneer onderhandelings sal hervat word.

Die vakbondfederasie Cosatu wou intussen nie reageer nadat sy geskorste hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, stakende Numsa-werkers in Randburg toegespreek het nie.

Vavi het kan sy huidige penarie vererger aangesien dit as ‘n skending van sy skorsing beskou kan word. Numsa is tans in ‘n hofgeding gewikkel om Cosatu te dwing om Vavi se skorsing terug te trek.

Vavi sê hy het die saamtrek in sy persoonlike hoedanigheid bygewoon, en daar die voorwaardes weerhou hom nie daarvan om iemand toe te spreek nie. – Sapa/praag

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.