Renosterstroper in KZN gevang

Deel op

renoster‘n Vermeende renosterstroper is Sondag in hegtenis geneem, het owerhede van die Ezemvelo, die KwaZulu-Natalse natuurbewaring, gesê.

“Twee skote is laatmiddag in die Hluhluwe-iMfolozi-park gehoor,” het Musa Mntambo, woordvoerder van natuurbewaring, Maandag in ‘n verklaring gesê.

Veldwagters is gestuur om ondersoek te gaan instel en nóg veldwagters is na alle moontlike ontsnaproetes gestuur.

Om 14:45 was daar ‘n skietgeveg tussen die veldwagters en drie ongeïdentifiseerde mans.

“Een verdagte is in die skietgeveg gewond en is later in hegtenis geneem, terwyl die twee ander gevlug het,” het Mntambo gesê.

Veldwagters het ‘n horing, sak, flitslig en byl in die man se besit gevind. Die karkas van ‘n witrenoster is Maandagoggend gevind.

Dr. Bandile Mkhize, uitvoerende hoof van Ezemvelo, het sy kommer uitgespreek oor die onlangse toename in skietvoorvalle.

“Stropers is altyd gereed om ons veldwagters te skiet. Dit is baie kommerwekkend omdat dit ons veldwagters in gevaar stel wanneer hulle op stropers afkom.”

Hy het gesê Ezemvelo sal sy stryd teen renosterstropery verskerp.

Minstens 39 mense is vanjaar in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem en 63 renosters is gestroop. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.