
Die Spanjaard, Rafael Nadal het ‘n skitterende jaar afgerond deur die wêreld se voorste tennisspeler, Novak Djokovic in die Amerikaanse Ope op die Arthur Ashe Stadion te klop.
Nadal het met 6-2 3-6 6-4 6-1 geseëvier en sodoende sy tweede Grand Slam vanjaar inge-oes.
Hy het vroeër vanjaar die Franse Ope titel vir die agste keer verower. Die oorwinning in die VSA bring Nadal se getal Slams op 13 te staan.
Hy is nou derde op die lys van die mees bekroonde spelers, met net Roger Federer en Pete Sampras wat beter rekords as hy het.
Djokovic het na hy verslaan is, gesê hy glo dat Nadal binnekort weer die nommer een speler ter wêreld kan wees en dat daar oorgenoeg tyd is vir die 27-jarige om Roger Federer se rekord van 17 titels te oortref. – RSG