Metropolisieman in rooftog geskiet

Deel op
Johannesburg se middestad
Johannesburg

‘n Metropolisiebeampte is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy deur rowers by ʼn winkelsentrum in Johannesburg geskiet is.

‘n Woordvoerder vir Johannesburg se metropolisie, Edna Mamonyane, het gesê die beampte en sy kollegas het gaan ondersoek instel nadat hulle skote by die The Bridge-winkelsentrum in die middestad gehoor het.

Mamonyane het gesê drie rowers het ʼn juwelierswarewinkel beroof en ʼn veiligheidswag geskiet en gewond.

“‘n Skietery het tussen die polisie en die rowers uitgebreek en een van die beamptes is raakgeskiet.”

Dit is nog nie duidelik of van die rowers ook gewond is nie.

Die verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.