Sirkusolifant trap bejaarde dood

Deel op

sirkusolifant‘n 84-jarige man het naby Parys, Frankryk gesterf toe ‘n olifant wat aan ‘n plaaslike sirkus behoort, uit sy kampie ontsnap het en die niksvemoedende petanque-speler met die slurp geslaan het, het die polisie Maandag gesê.

Die olifant, Tanya, het Sondagmiddag soos gewoonlik in Lizy-sur-Ourcq, sowat 50 km van Parys, opgetree en is ná die vertoning teruggeneem na haar opelug-kampie.

Die olifant wou nie vroeër saamspeel met die toertjies nie en is so deur die afrigter geslaan dat die kinders in die gehoor begin huil het.

Ooggetuies het aan die polisie beskryf hoe die olifant deur die versperrings geploeg het. Die olifant het ‘n seil gebruik om die elektriese omheining se skokke te keer.

Die olifant het toe in die rigting van ‘n bejaarde man beweeg en die man met die slurp geslaan. Die ongeïdentifiseerde man is na ‘n hospitaal geneem, waar hy Sondag gesterf het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.