Obama takel Republikeine

Deel op

Dit wil voorkom asof Barack Obama voel dat hy die stryd om die Demokratiese nominasie gewen het, want hy begin meer en meer komplimente aan Hillary Clinton van sy party uitdeel en aanvalle op sy Republikeinse teenstander, John McCain, loods.

Deel op

Beide Obama en Clinton is tans in Florida waar hulle steeds hul nominasieveldtog voer. Clinton verseg steeds om tou op te gooi, nadat sy die deelstate Oregon en Kentucky aan Obama moes afstaan.

Obama het voor 'n skare in Tampa, Florida, gesê dat sy span op die drumpel van 'n oorwinning verkeer sover dit sy nominasie betref.

эндодонтическое лечение корневых каналовлобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.