Ru-olie bars deur alle perke

Deel op

Ru-olie het vanmore in die Verre Ooste weer deur alle perke boontoe gebars en die prysvlak van $135 per vat bereik. Dié beweging het in reaksie op 'n onverwagte vermindering in Amerikaanse olievoorraad geskied, asook 'n swakker dollar.

Deel op

Beleggingsfondse spekuleer tans op olie, gegewe die goeie prestasie van die mark oor die afgelope tyd. Sedert begin vandeesmaand het ru-olie reeds 20% gestyg en niemand wil graag verkoop nie, gegewe die aanbodprobleem en geopolitieke sorge.

Op die termynmark het die Julie NYMEX-kontrak tot 'n rekordhoogte van $135,04 per vat gestyg, nadat dit gisteraand op $134,85 in New York gesluit het.

автосервис оборудованиелобановский александр отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.