Guptas betaal glo nie hul rekeninge nie

Deel op
gupta2
Ook uit Indië

Die Gupta-familie het weer onder skoot gekom, hierdie keer van kontrakteurs wat beweer dat hulle nie betaling vir hul dienste ontvang nie.

Die swierige, superryk familie skuld na bewering geld vir dienste aan hul myne, berig die Sunday Times.

Volgens Marius Nel, wat ‘n driejaar kontrak met Shiva Uranium, ‘n myn in Gupta-besit gehad het, word hy R2.2miljoen geskuld asook ‘n verdere R2 miljoen wat verband hou met ‘n ongeluk op een van hulle myne.

Hy sê hy wag sedert Mei vir die geld. Hy het Shiva gedagvaar, wat op hulle beurt ‘n teeneis vir toerusting wat na bewering beskadig is in ‘n ongeluk ingestel het.

Ander diensverskaffers het ook gesê Shiva is ‘n slegte betaler.

Die Guptas het die myn in 2010 gekoop. Hulle het R461miljoen van hul eie geld met ‘n bykomende R250 miljoen lening van die Industrial Development Corporation (IDC) betaal. Shiva is egter nie in staat om die lening te diens nie wat glo geherstruktureer is onlangs, as gevolg van lae uraanpryse.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.