Misdaadintelligensiehoof steeds in sy pos

Deel op
Chris Ngcobo
Chris Ngcobo

Waarnemende hoof van misdaadintelligensie Chris Ngcobo het nie sy pos verlaat nie, het die SAPD gesê.

“Hy is nog steeds in sy pos, hy het nie uit die posisie getree nie,” het ‘n woordvoerder lt.genl Solomon Makgale gesê.

City Press het berig dat Ncgobo uit sy posisie getree het as ‘n gevolg van ondermyning deur ‘n pro-Richard Mdluli-faksie.

Volgens die koerant is Ncgobo amper ‘n maand gelede uit misdaadintelligensie se hoofkantoor na die veiligheids- en beskermingsdienste .

Ncgobo woon glo nie vergaderings by nie en het die nasionale kommissaris van polisie Riah Phiyega en die toppolisiebestuur ingelig dat hy nie sal terugkeer na sy pos nie.

Ncgobo het oorgeneem nadat Mdluli verlede jaar geskors is te midde van aanklagte van bedrog en korrupsie, asook die moord op sy voormalige vriendin se man .

‘n Geregtelike doodsondersoek het hom van enige betrokkenheid by die dood van sy voormalige vriendin se man onthef. Die aanklagte van bedrog en korrupsie is later almal ook teruggetrek .

Hy is later egter weer geskors in 2012 na sy heraanstelling, in afwagting van ‘n hofaansoek deur die drukgroep Freedom Under Law (FUL) om die onttrekking van die kriminele en dissiplinêre aanklagte teen hom te hersien.

Die Mdluligeval is ‘n belangrike toets vir die Demokratiese Alliansie se poging om die howe teen president Zuma te gebruik.

Die party voer aan dat die Zuma-administrasie die weg gebaan het vir verpolitiseerde aanstellings, insluitend dié van Mdluli, van die waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging, adv Nomgcobo Jiba, en die hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid, adv Lawrence Mrwebi. – Sapa

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.