
Bekroonde vrouemotorjoernalis Melinda Ferguson het ‘n rare R3.2 miljoen Ferrari California verongeluk, terwyl sy besig was om die motor te toets–bestuur.
Volgens die Sunday Times, het die voorval verlede week in Johannesburg gebeur toe Ferguson gebots het met ‘n Mitsubishi Pajero.
Die blits van ‘n V8 GT, wat 338kW se krag lewer is tans by die Italiaanse Viglietti-motorhandelaar in Johannesburg om geëvalueer te word.
Ferguson is die skrywer van ‘n memoir oor haar stryd met dwelmverslawing, en The Kelly Khumalo Story. Sy is motor-redakteur by die tydskrif True Love en bedryf die Girl Torque–blog.