Stoei terug vir 2020 Spele

Deel op

stoeiEen van die wêreld se oudste sporte, stoei, het sy plek op die Olimpiese Spele se Sportrooster behou nadat die sportliggaam oorweeg het om dit af te haal vir 2020.

Ná ‘n stemmery deur die Internasionale Olimpiese Komiteelede in Buenos Aires in Argentinië is besluit om dit wel in te sluit as item. Die IOK het groot kritiek uitgelok deur sy besluit.

Stoei, wat een van die min sportsoorte is wat in die antieke sowel moderne Olimpiese Spele aangebied is, het 49 van die 95 stemme gekry. Druk deur Iran en Rusland het vir die oorwinning gesorg.

Bofbal en Sagtebal se gesamentlike bod was tweede met 24 stemme terwyl muurbal 22 stemme gekry het.

Dit beteken dat stoei by sowel die Somerspele in 2020 in Tokio en die Spele in 2024 te sien sal wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.