Pinetown-gru-ongeluk: Bestuurder voor

Deel op

pinetown2Die vragmotorbestuurder die gru-ongeluk wat 22 lewens geëis het in Pinetown veroorsaak het, KwaZulu-Natal, verskyn vandag in die hof.

Sy voertuig het teen vier minibustaxi’s en ‘n motor gebots. Aanvanklik is geglo dat 27 mense omgekom het.

Die bestuurder, ‘n 23-jarige burger van Swaziland, is Vrydag in hegtenis geneem. Hy sal op aanklagte van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur in die Pinetown-landdroshof verskyn.

Die gru-ongeluk het verlede Donderdag omstreeks 19:00 op die hoek van Fieldshillweg (M13) en Richmondweg in Pinetown gebeur. Die gebeurtenis is deur ‘n kameratjie op ‘n motoris se truspieëltjie verfilm.

‘n Beampte van die KwaZulu-Natalse padverkeersdirektoraat, het aan Jeff Radebe, waarnemende president, gesê die vragmotor se lisensie het op 31 Augustus verval.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het ’n hoëvlak-ondersoek na die ongeluk gelas. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.