Plaaswerkers geregtig op gratis aandele in plase

Deel op

Piketberg-plaasIn ’n voorgestelde beleidsdokument oor die vrywillige toekenning van aandele aan plaaswerkers van die Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming word o.m. voorgestel dat ’n plaaswerker met 10 jaar diens op ’n kommersiële plaas geregtig moet wees op 10% aandele in die eienaarskap van die grond. Voorts word bepaal dat ná 25 jaar diens ’n werker geregtig moet wees op 25% aandele en op 50% ná 50 jaar.

Geen melding word gemaak oor wat gebeur as daar verskeie werkers op ’n plaas is wat al langer as 10 jaar daar is nie. Die stelsel sal nie “afdwingbaar” wees nie, maar boere word aangemoedig om “vrywillig” deel te neem. Die doel van die voorgestelde beleid is “om ongeregtighede sedert die 19de eeu reg te stel”.

Volgens die dokument het plaaswerkers, insluitende tydelike en seisoenwerkers, oor die jare heen vir “hongerlone” gewerk en is daarom nou geregtig op aandele in die plase waar hulle woon en werk. In reaksie op die beleidsdokument is kritiek fel, o.a. van Agri SA, TLU SA en Graan SA.

Pieter Groenewald van die VF Plus sê die voorstelle “kom neer op niks minder nie as die brutale onteiening van grond soortgelyk as wat in Zimbabwe gebeur het. Dit is duidelik dat die grondhervormingsprogram ‘n klaaglike mislukking is en dat ander planne nou beraam word om grondeienaars sonder vergoeding te onteien.” – Ditsem Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.