City Power werk nasionaal saam met polisie om saboteurs aan te keer

Deel op

kers‘n Ondersoek om vas te stel wie vir die sabotasie van substatsies in Johannesburg verantwoordelik is, is tans aan die gang.

City Power werk saam met die polisie op plaaslike en nasionale vlak om die werkers vas te trek wat vir verskeie kragonderbrekings in en buite die stad verantwoordelik is, het Sol Masolo, woordvoerder, gesê.

City Power sê geen verdagtes is nog sover aangekeer nie.

Groot dele van Johannesburg is in duisternis gedompel ná ‘n paar honderd werkers van City Power Donderdag met ‘n onbeskermde staking begin het.

Hulle is ontevrede met ‘n nuwe skofstelsel wat daarop gemik was om die uitgawe aan oortydbetalings in te kort.

Die werkers het uit weerwraak die krag by substasies afgeskakel. Die munispale vakbonde, Samwu en Imatu sê die werkers is nie van hul lede nie.

Volgens Masolo het City Power Saterdag die kragtoevoer na alle gebiede in die stad weer herstel. Hy het gesê enige verdere kragonderbrekings sal voortaan nie die gevolg van onwettige stakings wees nie.

City Power het ook gesê dat Hougton die enigste voorstad is wat van ‘n kragopwekker deur hulle self voorsien is. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.