Olimpiese fakkel na Tokio

Deel op

tokyoDie Olimpiese fakkel sal ná die 2016 Spele in Rio de Janeiro aan Tokio oorhandig word.

Die bodproses is gisteraand in Buenos Aires in Argentinië afgehandel en Tokio is tot die groot vreugde van Japanners as die wenner aangekondig.

Tokio het 60 stemme teenoor Istanboel se 36 ontvang. Die ander stad wat sy finale voorlegging gedoen het, was Madrid.

Madrid is eerste uitgeskakel, nadat hy gelykop was met Istanboel in die eerste ronde van stemmery. Spanje het gehoop dat die Olimpiese Spele ‘n broodnodige ekonomiese inspuiting sou verskaf.

Vroeër het die Turkse Eerste Minister, Recep Erdogan aangevoer dat dit ‘n sterk boodskap tot steun van vrede in die Midde-Ooste sou uitstuur, indien Istanboel die Spele kon aanbied.

Die Japanse Eerste Minister, Shinzo Abe het op sy beurt die lede van die Internasionale Olimpiese Komitee verseker dat die situasie by die Foekoeshima-kernkragaanleg nie ‘n rede tot kommer behoort te wees nie.

Die stad het ook in 1964 die Spele aangebied. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.