Moneyweb dagvaar Fin24 vir beweerde plagiaat

Deel op

plagiaatCaxton se aanlynsakenuusdiens Moneyweb, dagvaar vir Fin24,d ie aanlynsakediens van Media24 vir beweerde kopieregskending, plagiaat en die wederregtelike gebruik van Moneyweb se inhoud, het Beeld Vrydag berig.

NUUT!

Moneyweb, ‘n mededinger van Media24, argumenteer in hofstukke dat Fin24 sy eksklusiewe inhoud wederregtelik oorgeneem en as sy eie aangebied het.

Sonder toestemming het Fin24 inhoud gepubliseer wat Moneyweb duisende rande gekos het om te produseer, “met slegs enkele sinne wat verander is’, sê Moneyweg se redakteur, Ryk van Niekerk.

Moneyweb beweer in hofstukke dat Fin24 herhaaldelik en sonder behoorlike erkenning Moneyweb se inhoud en onderskep en op sy eie webblad geplaas het.

Moneyweb verklaar dat:

• Fin24 se publikasie van inhoud wat Moneyweb-joernaliste na bewering geskryf het, onwettig verklaar word;

• die hof ’n interdik uitreik wat Fin24 sal verbied om Moneyweb-artikels op dié manier te gebruik;

• Fin24 aanspreeklik gehou word vir die skade wat Moneyweb gely het; en

• Fin24 die regskoste betaal.

Moneyweb voer ook aan Fin24 het sedert Julie 2012 “grootskaalse plagiaat” gepleeg.

Van Niekerk lys in die hofstukke sewe Moneyweb-artikels wat Fin24 na bewering onregmatig gebruik het. Telkens is klein veranderings aan die opskrifte van die berigte aangebring, terwyl die inhoud na bewering grootliks ooreenstem sonder dat daar pertinent na Moneyweb verwys word.

Van Niekerk beweer Fin24 ry op Moneyweb se rug vir kommersiële gewin omdat hy nie in staat is om genoeg eie, unieke inhoud te genereer nie.

Afgesien daarvan dat dit glo ’n oortreding van die Wet op Outeursreg is, voer Moneyweb aan hy verloor duisende lesers op sy webblad en sodoende ook aansienlike advertensie-inkomste.

Van Niekerk het Fadia Salie, Fin24-redakteur, in Maart gekontak nadat hy maande lank opgemerk het dat Fin24 sy nuusdiens se berigte kopieer, lui die hofstukke.

Salie het glo erken sy het self een van die berigte saamgestel waaroor hy ontevrede is, maar ontken dat die inhoud “gesteel” is.

Jannie Momberg, News24-redakteur, het volgens Van Niekerk geweier om die inhoud te verwyder en gesê dat Moneyweb se inligting nie onregmatige gebruik behels nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.