Motorfietsryer dood in Krugersdorp

Deel op
Toneel van 'n motorfietsongeluk (lêerfoto)
Toneel van ‘n motorfietsongeluk (lêerfoto)

“n Motorfietsryer het gisteraand gesterf toe hy agter in ‘n bakkie vasgery het in Sterkfonteinweg, Krugersdorp, het paramediese personeel Sondag gesê.

“Netcare 911-paramedici het op die toneel  aangekom en die motorfietsrywer, ‘n man in sy vyftigerjare, op die pad gevind met lewensgevaarlike beserings,” het die woordvoerder van Netcare 911, Chris Botha, gesê.

“Paramedici het vir byna ‘n uur gepoog om hom op te wek maar die pasiënt het tragies op die toneel gesterf weens die uitgebreide beserings wat hy opgedoen het.”

Die ongeluk het Saterdagaand omstreeks 19:40 plaasgevind.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.