EFF betoog voor SAPD-hoofkantoor in Johannesburg

Deel op

effprotesAgt lede van die EFF het ‘n kort betoging buite die Gauteng se SAPD-hoofkantoor in Johannesburg gehou.

Lede van die EFF se provinsiale opdragspan het struggle-liedjies gesing, insluitend “Siyaya” [Ons is op die pad vorentoe] en in ‘n sirkel gedans, onder die wakende oog van ‘n handvol polisielede.

Die betogers, geklee in rooi bykomstighede van die nuwe geregistreerde politieke party, het slagspreuke geskree soos “Weg met [nasionale kommissaris van polisie] Riah Phiyega, weg” en ” Viva EFF, viva!”

Woordvoerder Patrick Sindane het gesê hulle het betoog oor Phiyega se onlangse aanstelling van Bethuel Mondli Zuma as Gauteng kommissaris van polisie.

Die aanstelling is later teruggetrek toe dit bevestig is dat Zuma ‘n aanklag van dronkbestuur in die gesig staar.

Zuma, wat nie verwant is aan President Jacob Zuma nie, is vervang het Lt.-genl Mzwandile Petros.

EFF-leier Julius Malema het nie deelgeneem aan die betoging nie .

Voor die betoging het EFF-lede partylidmaatskapaansoekvorms by ‘n vulstasie langs die provinsiale hoofkantoor van die polisie uitgedeel.

Die lidmaatskapvorms doen ‘n beroep op voornemende lede om te bly by die party se “doelstellings, doelwitte en radikale beleid ” en sluit ‘n afdeling vir skenkings aan die party in. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.