Kragsabotasie in Johannesburg ‘terrorisme’

Deel op
Faith Mazibuko
Faith Mazibuko

Die optrede van die werknemers wat betrokke is daarby om substasies regoor die stad af te skakel, is gelyk aan terrorisme, het Gauteng se LUR Faith Mazibuko het Vrydag gesê.

“Ons is kwaad as ‘n provinsiale regering, en wat gebeur het is gelyk aan ‘n daad van terrorisme,” het Mazibuko aan verslaggewers gesê.

Sy het gesê die saak word ondersoek deur verskillende agentskappe, insluitend die Valke .

Mazibuko het gesê die mense agter die kragonderbrekings het mense se lewens bedreig.

City Power se besturende direkteur Sicelo Xulu het gesê hulle het besef dat daar met skakelaars by ‘n aantal substasies gepeuter is .

“Daar was geen gedwonge toegang nie, en dit beteken eenvoudig dat iemand hulle afskakel,” het Xulu gesê.

Hy het gesê dat City Power sekuriteitsmaatreëls by substasies regoor die stad in plek gestel het om te verseker dat die ontwrigting nie weer gebeur nie.

Xulu het gesê sommige van die gebiede wat steeds geraak word, is Lenasia, Alexandra, Randburg en sommige gebiede in die middestad van Johannesburg .

“Die proses van kriminele klagtes wat gelê is, is gedoen,” het Johannesburg se burgemeester, Parks Tau gesê.

Hy het gesê die stappe wat arbeidsverhoudinge regurleer moet gerespekteer word, en ‘n situasie waar die inwoners van elektrisiteit ontneem word, kan nie toegelaat word nie.

Krag is ontwrig in dele van die Wes-Rand en die noorde van Johannesburg na ‘n paar honderd City Power personeel Woensdagmiddag uitgeloop het.

City Power het gesê die staking was nie deur ‘n unie gelei nie.

Die werkers is ontevrede oor ‘n nuwe skofstelsel.

Stakende werkers het glo infrastruktuur gesaboteer, wat wydverspreide kragonderbrekings veroorsaak het en verkeersvloei en ‘n sakebedrywighede tot ‘n stilstand gedwing het.

Kragtoevoer is Vrydagmiddag ten volle herstel na gebiede wat Houghton en Melville insluit, maar ander dele van Johannesburg kan oor die naweek nog in donkerte gehul wees, het City Power gesê.

Die voorsiening van elektrisiteit is ook weer aangesluit in Auckland Park, Kew, en Bramley. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.