Talle dakloos na brand 40 plakkershutte verwoes

Deel op
Raadslid Dewes bou mooi plakkershutte
Raadslid Dewes bou mooi plakkershutte

Sowat 50 mense is dakloos gelaat nadat ‘n brand by die Rugby Club-lokasie in Roodepoort uitgebreek het, het die Johannesburgse nooddienste gesê.

Robert Mulaudzi, woordvoerder, het gesê die brand, wat omstreeks 05:00 uitgebreek het, is vermoedelik veroorsaak deur ‘n foutiewe elektriese toestel of ‘n kers. Altesaam 40 plakkershutte is verwoes.

Die DA het verlede jaar vrywilligers en besighede genader vir skenkings nadat ‘n brand ook tientalle plakkershutte in die lokasie vernietig het. Raadslid David Dewes het gesê omdat die regering nie huise voorsien nie, sal hy deur privaatondernemings werk om sy eie “noodplan” vir behuising te skep.

Die DA het die media op 25 Junie 2012 op ‘n begeleide toer geneem om te wys wat gedoen is asook om al die planne in die pyplyn te verduidelik vir splinternuwe huise. Die plakkers was baie in hul skik oor hul nuwe wonings.

Die eenparige terugvoer van die plakkers was dat hulle baie dankbaar en trots is.

Mulaudzi het gesê dit is die tweede brand in die laaste 24 uur. Altesaam 25 gesinne is Donderdag dakloos gelaat nadat 17 plakkershutte in Diepsloot in puin gelê is. – Sapa/praag

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.