G20 diep verdeel oor Sirië

Deel op
Enrico Lette
Enrico Lette

Die staatshoofde van die wêreld se vernaamste ekonomieë, die G20, kon nie daarin slaag om hulle diepe verdeeldheid oor die konflik in Sirië te oorkom by samesprekings by die G20-beraad wat tans in St Petersburg in Rusland plaasvind nie.

Die VN en Arabiese Liga se gesant vir Sirië, Lakhdar Brahimi, het hom ook by die leiers aangesluit en die hoofsekretaris van die VN, Ban Ki-Moon het druk probeer toepas vir ‘n internasionale vredeskonferensie oor Sirië.

Wêreldleiers het hulle eie standpunte probeer stel in toesprake van 10 minute elk, maar geen deurbraak kon bereik word nie.

Die Italiaanse Eerste Minister, Enrico Letta, het na afloop daarvan gesê die diepe verdeeldheid oor Sirië is nou slegs bevestig.

Amerika se gesant by die VN het vanuit New York, Rusland daarvan beskuldig dat hy die VN-Veiligheidsraad gyselaar hou, terwyl die Britse Eerste Minister, David Cameron, aangedui het dat Londen nuwe bewyse het van die gebruik van chemiese wapens. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.