Amnestie vir 1,6 miljoen op skuld-swartlys

Deel op

kredietDie Kabinet het Donderdag besware teen die opheffing van negatiewe kredietinligting opsy geskuif, en goedkeuring verleen aan die stap. Banke waarsku dat hul risiko’s sal verhoog en dit sal die verhoging van die koste van krediet beteken.

In terme van die Kabinetsbesluit, sal die negatiewe kredietinligting van verbruikers wat al hul skuld betaal het, skoongevee word as ‘n eenmalige gebeurtenis asook op ‘n deurlopende basis.

Die doel is om die swartlys van ongeveer 1,6 miljoen verbruikers uit te skakel – baie van hulle staatsamptenare – wat hul skuld betaal het, maar is nog steeds verhoed deur kredietburo’s van toegang tot krediet, verblyf en selfs werk .

Die skema sal die toegang van hierdie verbruikers tot die kredietmark verseker en hopelik ‘n hupstoot aan die verbruikersvraag meebring.

Terwyl die regering die plan op die basis van “herstellende geregtigheid” regverdig en die positiewe uitwerking op ekonomiese aktiwiteit beklemtoon, kan dit ‘n positiewe rol in die regerende party se vertoning in volgende jaar se algemene verkiesing speel.

Die Kabinet se besluit het nie die opposisie deur die banke in ag geneem nie. Banke het gewaarsku dat die gebrek aan inligting oor die kredietgeskiedenis van voornemende kliënte die risiko van kredietverskaffers verhoog.

Die Bankvereniging van SA is heftig gekant teen die plan en sal beswaar maak nadat die kennisgewing van die Kabinetsbesluit in die Staatskoerant verskyn het.

Die minister van Handel en Nywerheid Rob Davies verwerp die kommer, en het Donderdag verklaar dat dit bloot sou beteken dat kredietverskaffers behoorlike kredietvoorwaardes met al hul voornemende kliënte uitklaar.

Hulle sal nie langer in staat wees om net te kan staatmaak op die inligting wat verskaf word deur die kredietburo’s soos wat hulle gedoen het in die verlede nie, en sal eerder die bekostigbaarheid van krediet vir voornemende kliënte moet ondersoek.

Davies het gesê baie van die inligting wat deur kredietburo’s deurgegee word is “verouderd en misleidend”. Ook, onder die huidige stelsel is dit uiters moeilik, duur en tydrowend om die inligting deur die hof as sulks uit te wys. Dit sal ook aangespreek word.

Die Nasionale Kredietreguleerder ondersteun die skrapping van negatiewe kredietinligting.

In sy jaarverslag wat Donderdag ter tafel gelê is in die Parlement toon dit dat daar sowat 9,5 miljoen verbruikers met verswakte kredietrekords aan die einde van Maart was, ( 47,5 % van alle krediet-aktiewe verbruikers) , ‘n toename van ongeveer 500 000 meer as die vorige jaar.

‘n Kabinetsverklaring het opgemerk dat “toegang tot ‘n volhoubare kredietmark noodsaaklik is vir alle ontwikkelings-doelwitte”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.