Derde Witsdosent afgedank oor seksuele teistering

Deel op

wits‘n Derde dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is skuldig bevind aan seksuele teistering, en afgedank.

Adam Habib, visekanselier, het gesê die instelling het ‘n beleid van zero-verdraagsaamheid tov seksuele teisteraars aanvaar. Twee ander dosente is in Julie oor dieselfde klagtes afgedank.

“Ons hoop dat die daadwerklike optrede in die gevalle ‘n duidelike voorbeeld stel dat seksuele teistering nie in enige vorm op ons kampusse geduld sal word nie.”

Die universiteit is besig met ‘n ondersoek teen nóg ‘n dosent. ‘n Taakspan is saamgestel om die oortredings te ondersoek.

Habib het Woensdag gesê hy aanvaar volle verantwoordelik vir die mishandelings wat op die kampus plaasgevind het.

“Ek wil om verskoning vra aan al diegene wat seksuele teistering ervaar het. Wits moet ‘n veilige plek wees en ons sal verseker dat dit is.” – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.