ANC vra tugstappe teen City Power-stakers

Deel op

citypowerDie ANC sê tugstappe moet teen stakende City Power-werknemers ingestel word.

Werkers staak sedert Woensdag oor n nuwe skofrooster en het meer as 10 woonbuurte vir die derde agtereenvolgende dag sonder elektrisiteit gelaat, het Eyewitness News berig.

Die kragonderbrekings het toevoer na die huis waar oudpresident Nelson Mandela aansterk ook geraak. Daar was spekulasie dat probleme met elektrisiteitsvoorsiening Mandela se herstel sal beïnvloed. Twee kragopwekkers is by die huis in Houghton opgemerk.

Jolidee Matongo, ‘n woordvoerder van die ANC, het gesê die party is teleurgesteld dat stakende werkers nie die regte kanale volg om aandag op hulle griewe te vestig nie

City Power ondersoek bewerings dat stakende werkers doelbewus sekere woonbuurte se kragtoevoer saboteer.

Die kragverskaffer het ‘n vergadering belê om die dispuut op te los, maar sê dit kan tot drie dae neem voor kragtoevoer weer na alle woonbuurte herstel is.

Matongo het gesê in die stadium is dit nie nodig vir plaaslike raadslede om in te gryp nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.