Twintig onderwysers vir bedrog gearresteer

Deel op

classroomMeer as 20 swart onderwysers van Mpumalanga is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle glo die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uit R7 miljoen geswendel het, het die Valke gesê.

Die onderwysers van die Ehlanzeni- en Bohlabela-distrik is by hul werkplekke in hegtenis geneem.

“Ons het 36 lasbriewe in Mpumalanga. Toe ek vanmiddag weg is, het ons reeds 22 mense in hegtenis geneem en nog mense word vasgetrek,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Sommige van die onderwysers was nog by die werk, terwyl ander by rondgaande onderwyskantore in hegtenis geneem is. Hulle het na bewering die SAID deur belastingopgawes geswendel en die bedrag wat betrokke is, is R7 miljoen.”

Ramaloko het gesê die onderwysers sal Vrydag in vier howe op aanklag van bedrog verskyn.

“Hulle sal in die KaBokweni-, Komatipoort-, Bushbuckridge-, en Nelspruit-landdroshof verskyn.”

Die misdade is in 2012 gepleeg.

“In die tweede vlaag van arrestasies sal ons SAID-beamptes ook aankeer,” het Ramaloko gesê. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.