Rachelle Greeff is vasgevang in die hippiekultus

Rachelle Greeff het einde Februarie reeds 'n ope brief aan Dan Roodt gerig in Rapport. Sy was ook vandag in 'n onderhoud op ImageRSG. Dit handel oor Praag se komende kortverhaalbundel, Donker.

Opnuut word ons gekonfronteer met die sieklike politieke korrektheid so eie aan "kunstenaars" – skrywers en sangers – wat hetsy nooit 'n loopbaan gehad het nie, hetsy wie se loopbaan oor en verby is.

Die húlle wat hulle verbeel dat, hoe meer hulle bedank uit die Afrikanervolk (die vuilgat Koos Kombuis), hoe meer hulle die Afrikanervolk probeer reduseer tot 'n blote kliek deur die gebruik van pretensieuse aanhalingstekens om die woord Afrikaner (die talentlose Johrné van Huyssteen, hy wat nie die noot kan hou om sy lewe te red nie) hoe meer "hip" en "cool" is hulle.

Me Greef het 'n paar klagtes teen Donker. Een skyn te wees dat die "groot kanonne" (gevestigde skywers) volgens haar nie sal deelneem nie. Overgezet synde: slegs gevestigde skrywers het die reg om te skryf, en as groot name (miskien sy self?) nie sou deelneem nie, sou dit vermoedelik nie die moeite werd wees om die boek te lees nie.

Die ander een is die keuse van 'n onderwerp. Me Greeff het 'n enorme probleem daarmee dat iemand durf waag om die lig op die enorme probleme van Suid-Afrika te laat skyn: regstellende aksie, swart-op-wit moorde, swart rassisme en transformasie. Kennelik sou sy veel gemakliker voel met 'n moraliserende preek oor die onregte van apartheid, met 'n hoogs intelligente swart hoofkarakter en sluwe, wrede, dom Afrikaners as die skurke, à la Nadine Gordimer of Marlene van Niekerk.

Nog 'n klagte is dat die onderwerp nie "nasiebou" bevorder nie. Greeff is duidelik steeds vasgevang in die hippie-kultus van die laat 1960's, met juwele soos die volgende:

"Die "ander aspekte'', veronderstel ek, is werklikhede soos werkloosheid, vigs, behuisingsnood, ongeletterheid, huisbesetting, huisontsetting en armoede.

Dit noem jy nie, maar dit is, saam met jou bogenoemde temas, tog brandende kwessies van die dag. Het jy dit nie gelys nie omdat jy, en ek, wit is en dit in die algemeen minder aan eie bas beleef as ons township-broers en -susters?"

Ja, ons is inderdaad in die Nuwe! Verbeterde! Suid-Afrika almal een groot, gelukkige, daggabenewelde familie, wat tog so vreedsaam saamleef. Alexandra herinner deesdae kompleet aan Haight-Ashbury se Somer van Liefde.

игр для мальчиков машинкилобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.