Kerry mislei Senaatskomitee oor rebelle

Deel op
sirieseteregstelling
Die openingstoneel van die video

By die Senaatskomitee oor buitelandse betrekkinge waar Kerry die saak vir president Barack Obama se plan om Sirië aan te val gestel het, het Kerry beweer dat die gewapende opposisie “toenemend deur sy gematigheid en uitgebreide lidmaatskap gekenmerk word, hulle gehoorsaamheid aan demokratiese prosesse, inklusiwiteit en ‘n grondwet wat minderhede beskerm”.

“En die opposisie word sterker by die dag,” het Kerry bygevoeg.

Intelligensiebronne en kundiges oor die Siriese konflik sê dié assessering is nie korrek nie.

Hulle sê Islamitiese groepe soos die Al-Kaida se Nusra Front is beter georganiseer, gewapen en opgelei.

Kerry se opmerkings verteenwoordig ‘n verandering in gesindheid deur die Obama-administrasie, wat vir meer as twee jaar versigtig was om nie aan rebelle Amerikaanse wapens te verskaf nie.

So onlangs as die einde van Julie, op ‘n sekuriteitskonferensie in Aspen, Colorado, het die adjunk-direkteur van die Pentagon se verdedigingsintelligensie-agentskap, David Shedd gesê hy is “baie bekommerd dat die mees radikale elemente sal oorneem”.

Die Amerikaanse en geallieerde intelligensiebronne het egter gesê die soort radikale aanslae waarna Shedd verwys het, het nie verander nie.

In ‘n tweede verhoor Woensdag, is Kerry uitgedaag deur ‘n Republikeinse verteenwoordiger Michael McCaul, Texas .

“Wie is die rebelle? Wie is hulle? Ek vra dit die hele tyd in my inligtingsessies,” het McCaul gevra. “En elke keer word ek ingelig dit is net erger en erger, want die meerderheid van die rebelle – en ek sê hier meerderheid – is radikale Islamiete wat instroom van oor die hele wêreld.”

Kerry het McCaul se stelling probeer afmaak as verkeerd en gesê dat “gematigde” groepe oorneem.

Top Amerikaanse intelligensie en militêre amptenare het onlangs ook ‘n somber openbare evaluering van die relatiewe sterkte van matige en godsdienstige ekstremistiese Siriese rebelle gedoen.

As anekdotiese bewys is ‘n video op YouTube uit Sirië ‘n paar dae gelede gesmokkel deur ‘n voormalige rebel wat die rebelle se laggende bevelvoerder gedokumenteer het in afgryslike toneel.

Dit is met walging begroet en bied ‘n donker insig in hoe baie rebelle ‘n wrede en genadelose houding teenoor gevangenes openbaar.

Hierdie video, geskiet in April, sluit aan by ‘n groeiende aantal bewyse van ‘n toenemend kriminele omgewing bevolk deur bendes van plunderaars, opportuniste, ontvoerders en moordenaars.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.