
Die swart motorbestuurder van die Gautengse LUR vir behuising het weer verskyn in die Krugersdorpse landdroshof op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, en dat hy nie ‘n beseerde persoon gehelp het nie.
Die saak hou verband met ‘n ongeluk in 2011 toe Motsami Semitje in ‘n ongeluk betrokke was waarin Thomas Ferreira, wat op ‘n motorfiets was, ernstig beseer is.
‘n Neuroloog het intussen verklaar dat Ferreira nooit ten volle sal herstel van die breinskade wat hy opgedoen het nie.
Die hof het gister gehoor dat Semitje nie ‘n gevorderde bestuurskursus geslaag het nie.
Hy het na bewering deur ‘n rooi verkeerslig gejaag en in die middel van ‘n kruising teen Ferreira gebots.
Die saak is gister uitgestel sodat die verdediging nog getuies kan roep.