Appèluitspraak oor Kaapstad-asielkantoor voorbehou

Deel op

asielkaapUitspraak is in die Appèlhof in Bloemfontein voorbehou in die saak oor die sluiting van die vlugtelingontvangskantoor in Kaapstad.

Die departement van Binnelandse Sake appèlleer teen ‘n uitspraak van die Wes-Kaapse hooggeregshof wat bevind het dat die departement se sluiting van die kantoor onregmatig was.

Die departement hou vol dat die besluit regmatig was en dat voldoende raadpleging plaasgevind het.

Sedert die sluiting kan duisende asielsoekers in Kaapstad nie aansoeke indien nie en loop die gevaar om gedeporteer te word. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.