Amerikaanse aanval op Sirië: Eerste hindernis oorgesteek

Deel op

kerry4‘n Amerikaanse Senaatskomitee oor buitelandse betrekkinge het ‘n resolusie aanvaar ten gunste van militêre ingryping in Sirië, in weerwil van groot teenkanting wat onder gewone kiesers heers.

Tien senatore het ten gunste van die resolusie gestem, sewe daarteen en een het aangedui dat hy “teenwoordig” is.

Die Senaat, wat deur die Demokrate beheer word, sal later dié week oor direkte Amerikaanse militêre betrokkenheid in Sirië stem. Die VSA steun reeds Al-Kaida-vegters wat die Siriese president probeer ontsetel.

Die huis van verteenwoordigers wat onder Republikeinse beheer is, moet ook oor die maatreël stem alvorens pres. Barack Obama dit kan bekragtig. Die meeste Republikeine is daarteen gekant. Dit word slegs deur Neo-Konserwatiewes ondersteun wat nou betrokke is by die industriële en militêre kompleks.

Obama het die kongres gevra om goedkeuring te gee vir oënskynlik beperkte aanvalle op Sirië, in reaksie op president Bashar al-Assad se vermeende gebruik van chemiese wapens teen burgerlikes. Kritici meen egter dat die goedkeuring die president se magte veel verder sal uitbrei.

Daarbenewens is sommiges skepties oor die getuienis wat deur die Obama-administrasie voorgehou word vir die gebruik van gifgas, aangesien John Kerry foto’s van Irak gebruik het om die aantal sterftes in Sirië aan te dik. Die foto is terugetrek.

Intussen het ‘n voormalige Britse ambassadeur, Craig Murray, te kenne gegee dat Britse intelligensie geen aanduiding van Sirië se betrokkenheid by die gifgasaanval kon vind nie. Murray het sy verbasing daaroor uitgespreek en gesê die inligting is deur Israel aan die VSA verskaf wat nie dieselfde insamelingskapasiteit het as die VK se Troodos-fasiliteit wat die Midde-Ooste betref nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.