Stand van die Praagse lente/kultuuroorlog

Deel op

roodt_dan_wikideur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Met die boikot teen Naspers in volle swang, soek die magtige mediagroep nou raad by die Engelse, want hulle weet nie meer hoe om ons te hanteer nie. Die pas aangestelde redakteur van Beeld, Adriaan Basson, voorheen van City Press, is slegs in naam Afrikaans. Anders deel hy al die vooroordele van ultralinkse Engelssprekendes jeens Afrikaners.

Ek korrespondeer steeds met die dekaan van die letterefakulteit by UJ om uit te vind waar Piet Croucamp aan sy opvatting kom dat konserwatiewe Afrikaners “inherent dom” of “van laer intelligensie” is. Ook wil ek weet wat die universiteit se standpunt rondom spraakvryheid en akademiese vryheid is, gegewe Croucamp se heksejagte teen dosente by ander universiteite wat uitsprake oor babaverkragtings in SA maak.

So pas het ek aan die SA korrespondente van die New York Times en die Londense Guardian getwiet dat SA se naam verander moet word na “The Sadists’ Apocalypse”, gegewe babaverkragtings, foltering van bejaardes en rituele moorde.

Om ‘n intellektuele basis vir hierdie stryd te verskaf, voel ek daar moet twee kort eboeke geproduseer word wat ons gratis op die internet kan versprei:

1. Naspers en die marxisme

Hierin moet aangetoon word hoe Naspers die vernaamste propagandamedium vir die idees van Goldberg, Wolpe, Slovo, Bram Fischer, ens. geword het. Naspers se siening van sowel die SA geskiedenis as die Afrikaner is ‘n marxistiese siening. Dit moet aan ‘n meedoënlose kritiek onderwerp word. Soos ‘n sekere vroulike dosent van Tukkies dit onlangs op die praag-webwerf gestel het: “daar moet maalvleis van gemaak word”.

2. The Sadists’ Apocalypse – understanding violence in post-1994 South Africa

Hierin moet ‘n teorie geformuleer word wat die verskynsels van babaverkragtings, plaasmoorde, marteling van bejaardes, wydverspreide seksuele geweld en die algemene psigopatologie van die Suid-Afrikaanse samelewing verklaar en aantoon waarom demokrasie onder sulke toestande onmoontlik is.

Ek het ‘n ou hoërskoolgeskiedenisboek van my pa hier en op skool moes hulle leer, nie van die ANC soos nou nie, maar van die Groot Trek en Europese geskiedenis, waaronder die Franse omwenteling. Geen revolusie is moontlik sonder ‘n intellektuele omwenteling waardeur die vyand se konstellasie bankrot idees omvergewerp en met ‘n nuwe insig en waardestelsel vervang word nie.

Hier en daar sal ons ‘n paar uur se slaap inkry, maar daar moet dag en nag gewerk word om dit te laat gebeur…

Die oomblik is nóú! Carpe diem!

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Sowjet-tenks in Praag, Tsjeggië
Sowjet-tenks in Praag, Tsjeggië

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.