Libië staar oor die afgrond

Deel op

libyaviolence‘n Bietjie minder as twee jaar gelede het Philip Hammond, die Verdedigingsekretaris, Britse sakemanne uitgenooi om te deel in die heropbou van Libië en die verwagte aanvraag in natuurlike hulpbronne te ontgin .

Libië het egter intussen feitlik heeltemal die produksie van olie laat vaar omdat die regering beheer verloor het oor groot dele van die land .

Muiters het die olieterminale op die Middellandse See oorgeneem en verkoop ru-olie op die swart mark in weerwil van die regering se dreigemente dat hulle enige tenkers wat dit dra, sal bombardeer.

Die wêreld se aandag is gefokus op die staatsgreep in Egipte en die gifgasaanval in Sirië oor die afgelope twee maande. Libië wat tans gedompel is in sy ergste politieke en ekonomiese krisis sedert die nederlaag van Gaddafi twee jaar gelede, is heeltemal vergete.

Regeringsgesag is besig om te disintegreer in alle dele van die land.

Stellings deur Amerikaanse, Britse en Franse politici dat NAVO se militêre optrede in Libië in 2011 ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n suksesvolle buitelandse militêre ingryping is wat in Sirië herhaal behoort te word, klink teen hierdie agtergrond waansinnig.

Libië se gesogte hoëgehalte ru-olie het van 1,4 miljoen vate per dag vroeër vanjaar tot net 160,000 vate per dag teruggesak.

Libiërs is toenemend aan die genade van krygshere wat optree buite die wet oorgelaat.

Die internasionale gemeenskap ïgnoreer die toenemende geweld. Die buitelandse media, wat eens die hotelle van Benghazi en Tripoli volgepak het, het heeltemal belangstelling verloor in die naderende ineenstorting van die sentrale regering.

Buitelanders het gevlug uit Benghazi sedert die Amerikaanse ambassadeur, Chris Stevens, vermoor is in die Amerikaanse konsulaat verlede September toe hy wapens na Sirië probeer smokkel het.

Anargie heers oral in die hoofstad. Die regering het ‘n beroep op die Veiligheidsmagte gedoen, bestaande uit voormalige anti-Gaddafi-groepe om orde te herstel.

Diplomate het reeds onder skoot gekom in Tripoli met die EU-ambassadeur se konvooi wat in ‘n lokval gelei is buite die Corinthiahotel op die waterfront . ‘n Bomaanval het die Franse ambassade vernietig.

Een van die talle mislukkings van die post-Gaddafi regering is sy onvermoë om die sterwende ekonomie te laat herleef. Libië is geheel en al afhanklik van sy olie- en gasinkomste en sonder hierdie sal die owerheid nie in staat wees om sy staatsamptenare te betaal nie.

‘n Lid van die parlementêre komitee oor energie, het aan Bloomberg gesê dat “die regering op sy reserwes staatmaak. As die situasie nie verbeter nie, sal hulle nie in staat wees om salarisse te betaal teen die einde van die jaar nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.