Unilever onttrek ‘homofobiese’ advertensie

Deel op

eudyUnilever het Dinsdag gesê hulle het ‘n advertensie vir ‘n gewilde margarienhandelsmerk in Suid-Afrika onttrek nadat dit veroordeel is as homofobies.

Die advertensie vir Floramargarien, wat is beskou word ryk in Omega-3 vetsure en goed vir die hart, word vertoon met die woorde “uhh, pa ek is gay”, by ‘n porselein hart.

“Jy moet ‘n sterk hart vandag hê,” lui die opskrif langs die Floralogo teen ‘n ligte pienk agtergrond.

Unilever het hom gedistansieer van die advertensie, wat deur ‘n Suid-Afrikaanse agentskap vervaardig is.

Die advertensie gee aanstoot en is onaanvaarbaar en ons het ‘n onmiddellike einde daaraan gemaak,” het Unathi Mgobozi, ‘n woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse filiaal van Unilever gesê in ‘n kort verklaring aan AFP.

Sy het nie besonderhede gegee van hoe lank die advertensie al loop of waar dit gepubliseer is nie.

Hierdie advertensie is opgestel deur ‘n eksterne agentskap in Suid-Afrika en is nie goedgekeur deur iemand by Unilever nie,” het sy gesê.

Unilever is trots op die ondersteuning wat ons weet ons gee aan lesbiese, gay, biseksuele en transgender mense, insluitende die onlangse veldtog vir gelyke huwelike.

Die plaaslike advertensie-maatskappy wat verantwoordelik is vir die Floraadvertensie het nie dadelik reageer op ‘n versoek vir kommentaar nie.

Ten spyte van wetlike beskerming vir gay mense, loop Suid-Afrika deur onder homofobiese geweld, insluitende ‘n hoë voorkoms van korrektiewe verkragting. – Sapa/AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.