Papenfus: Flippie se eis sal voortgaan

Deel op
Carina Papenfus
Carina Papenfus

Die regsverteenwoordiger vir Flippie Engelbrecht, wat as tiener na bewering deur ‘n boer van Ashton in die Wes-Kaap en sy plaasbestuurder aangerand is, het bekendgemaak dat die saak voortgaan.

Die boer, Johnny Burger het die week selfmoord gepleeg, maar Carina Papenfus sê siviele eise sal teen Burger se boedel ingestel word.

Burger en sy bestuurder, Wilhelm Treurnicht moes volgende Vrydag in die hof verskyn weens die beweerde aanranding wat 5 jaar gelede glo plaasgevind het.

Papenfus sê haar kliënt, Engelbrecht, is geskok deur die nuus oor die selfmoord en ook teleurgesteld dat hy nou nooit die waarheid sal weet nie.

Engelbrecht voer aan dat hy sy sig en sy hande as gevolg van die [beweerde] aanranding verloor het. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.