Brand by ANC-hoofkantoor

Deel op
Luthuli-huis, die ANC-hoofkantoor
Luthuli-huis, die ANC-hoofkantoor

‘n Brand het Dinsdag in die ontvagslokaal van Luthuli-huis ontstaan, sê die ANC.

“Die brand het die ontvangslokaal beskading en ‘n rusbank verbrand… ‘n Gebreekte bottel is op die vloer gevind,” sê die woordvoerder van die African National Congress, Jackson Mthembu.

“Veiligheidspersoneel het brandblussers gebruik om die tierende vlamme te blus wat amper plafonhoogte in die ontvangslokaal bereik het,” meen hy.

Volgens Mthembu ondersoek die polisie die voorval, maar nóg die polisie, nóg die Johannesburgse nooddienste kon dit bevestig. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.